EntertainmentLifestyle

‘Kokkedoor’ se titel wink vir oud-Pietie

Johnny Hamman is 'n gewilde deelnemer aan KykNet se Kokkedoor-kompetisie en het reeds diep in die harte van kykers geklim.

POLOKWANE – Johnny Hamman is ‘n gewilde deelnemer aan KykNet se Kokkedoor-kompetisie en het reeds diep in die harte van kykers geklim.

Dié oud-leerder van Hoërskool Pietersburg se inte-ressante disse en borrelende persoonlikheid hou kykers vasgenael voor die televisie.

“Ek hou van die skokfaktor en ek wil mense bederf met kos wat ek lief is om te maak maar ook met daardie iets wat hulle eers gaan laat nee sê maar later laat smeek vir nog,” vertel hy.

Johnny is die eienaar van Not.Ham.But.Man Leefstyl en Kos en woon tans in Kaapstad.

Die een dis waarvoor hy baie bekend is, is heuninggebakte vye bedien met bloukaas- spookasem.

In sy gr.12-jaar moes hy ‘n moeilike keuse maak tussen sy liefde vir spyseniering en sy liefde vir drama en toneelspel.

“Ek het altyd gehoop daar sal ‘n manier wees om die twee eendag te kombineer. Kokkedoor skep vir my ‘n platform vanwaar ek beide my talente kan ‘bestuur’; ‘n ideale geleentheid wat ek nie kon laat verbygaan nie,” vertel Johnny.

Die kuns van kook kom vir hom natuurlik en hy onthou dat hy sy eerste dis op die ouderdom van 10 jaar gemaak het toe sy ma laat moes werk.

“Ek is baie lief vir my pa se mac and cheese en dis vandag nog my gunsteling dis om te maak.”

Johnny sê dat as hy homself moet beskryf as ‘n dis, sou dit sonder twyfel spaghetti bolognaise wees soos dit oorspronklik gemaak is met stukkies vleis en baie tamatie.

“Ek is eksentriek en is mal oor die wow-faktor wat deel is van my persoonlikheid. Dit kom deur in die kos wat ek maak. Kreatiwiteit is ook my beste eienskap,” vertel hy.

Op die vraag oor wat hy elke dag sal maak as hy op n eiland gestrand sit antwoord hy dat die twee disse wat hy elke dag voor lus het en kan eet “mac and cheese” en “southern fried chicken” is.

Johnny is nie bang om enig-iets te probeer nie maar vertel dat niks vir hom so ‘n groot uitdaging is soos om makrolletjies (macaroons) en sous te maak nie.

“Sousmaak is ‘n kuns en al kan jy alles doen en nie sous maak nie, is is jy gestrand.

“Dis ook n spesiale uitdaging vir my omdat my disse so eksoties is. Watter soort sous gee mens by ‘n bacon and egg roomys?”

Oor die res van die episodes van Kokkedoor wil Johnny hom nie uitlaat nie maar verklap darem een geheim oor homself.

“Ek is eintlik ‘n baie teruggetrokke mens al sal mens dit nie glo nie en ek is mal oor wyn. Enige wyn.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button