EntertainmentLifestyle

Blomvrou skitter by wêreldskou in Ierland

Min mense in Polokwane is bewus daarvan dat die stad met 'n blommeklub, die Helpmekaar-blommeklub, spog.

POLOKWANE – Min mense in Polokwane is bewus daarvan dat die stad met ‘n blommeklub, die Helpmekaar-blommeklub, spog.

De-Mara Bezuidenhout, voorsitter van die klub, het met Review gesels oor die blommeklub, asook die onlangse Wêreldblommeskou in Ierland wat van 18 tot 22 Junie plaasgevind het.

De-Mara vertel dat daar ‘n Suid-Afrikaanse Flora-unie is waaraan al die provinsies in die land behoort.

“Die Vrystaat en Noord-Kaap word as een provinsie geklassifiseer. Elke provinsie het sy eie Flora-unie. Die Noordelike Flora-unie bestaan uit Polokwane, Makhado, Tzaneen, Letsitele en Mokopane.

“Al die provinsies behoort ook aan die World Association of Floral Artists. Elke drie jaar word daar ‘n blommeskou aangebied waaraan lede van die verskillende blommeklubs in die wêreld kan deelneem.

“Elke jaar word dit in ‘n ander land aangebied. In 1999 was dit in Durban en hierdie jaar was dit in Ierland. Oor drie jaar is die skou in Barbados,” verduidelik sy.

“Daar was hierdie jaar deelnemers van 32 lande wat deelgeneem het en 1 000 rangskikkings. Die beoordeelaars kom ook van verskillende lande af.

De-Mara, Hendra Gouws van Tzaneen en Greta Fourie van Makhado, het almal hierdie jaar die blommeskou bygewoon.

“Dit was ‘n geweldige voorreg,” sê De-Mara.

“Daar was 20 deelnemers in elke afdeling. Wanneer jy inskryf, kies jy ‘n tema waarvolgens jy wil werk, maar dit is nie noodwendig die tema wat die organiseerders op die ou einde vir jou gee nie.

“In Suid-Afrika is ons meer gefokus op die ontwerp van ‘n rangskikking aangesien hier nie so ‘n groot verskeidenheid blomme beskikbaar is nie. As jy vreemde blomme soek, betaal jy baie daarvoor.”

Sy vertel dat die Franse, Italianers en Hollanders baie blomme gebruik het en dat dit meer was waarna die beoordelaars gesoek het.

“Om te kwalifiseer vir die blommeskou hoef jy niks te doen nie, behalwe om te behoort aan die Suid-Afrikaanse Flora-unie,” sê sy.

De-Mara vertel dit was ‘n fantas-tiese ervaring en dat hulle die mooi-ste rangskikkings gesien het.

Die Helpmekaar Blommeklub ontmoet elke eerste Donderdag van die maand om 09:00 by die AGS Taberna Dei se Ooskampus in Bekkerstraat.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button