EntertainmentLifestyle

Gospelkonsert by Innibos gehou

Innibos se gospelkonsert het nie die duisende toeskouers getrek wat die ander aande van die fees na die hoofverhoog het nie, maar was 'n lus vir die oor. Bekende kunstenaars soos Retief Burger, Rina Hugo, Rouchelle Liedemann en Brandon October het deel gevorm van die program

POLOKWANE – Innibos se gospelkonsert het nie die duisende toeskouers getrek wat die ander aande van die fees na die hoofverhoog het nie, maar was ‘n lus vir die oor. Bekende kunstenaars soos Retief Burger, Rina Hugo, Rouchelle Liedemann en Brandon October het deel gevorm van die program. Tydens ‘n geselsie met Retief Burger het hy aangedui dat daar ‘n besige jaar op hom wag. Die Gospel Skouspel aan die einde van Julie in Pretoria en daarna in die Kaap is belangrike optredes op sy program.

Die duos Anders en Amen het ook opgetree en is van die jonger opkomende gospelsangers. Anders se lede is Lindi en Wynand en het die gehoor vermaak met Joe Niemand se “Ek sal nie bang wees nie”. Hulle siening van die skryf van gospel of ander liedjies is dat dit “uit ‘n opregte plek in jou hart moet kom”. Die egpaar is reeds 7 jaar getroud en ken mekaar vir die afgelope 13 jaar. Daarom dat hul onlangs ‘n liefdesalbum vrygestel het wat uit liedjies bestaan wat hulle oor die jare vir mekaar geskryf het.

Bernhard Faasen en Frank Panaou is die lede van Amen. Frank het in Engeland ‘n sekulere musiekloopbaan begin, maar onlangs teruggekeer na Suid-Afrika en die duo sing slegs gospel. Volgens die twee jong passievolle manne moet jy ‘n lewendige verhouding met God hê voordat die Heilige Gees jou voertuig vir musiek en die goeie boodskap kan word.

Rouchelle Liedemann is ‘n klein bondeltjie vuur wat vir Jesus brand. Sy beaam dat die moeilike tye in ‘n mens se lewe daar is om jou karakter te bou. Sy is saam bekommerd oor die geweld in die land, maar besef dat die mensdom afgestomp geraak het met die omstandighede waarin hul leef. Haar leuse is: “Give God a try in your life”. Haar weergawe van die lied Rooftops het die gehoor aan die sing en klap gehad.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button