EntertainmentLifestyle

Pure Innibos genot

Kunstefeesgangers het die naweek hul lippe behoorlik afgelek vir die spyskaart van Innibos, wat op Nelspruit gehou is.

POLOKWANE – Kunstefeesgangers het die naweek hul lippe behoorlik afgelek vir die spyskaart van Innibos, wat op Nelspruit gehou is.

Die fees het reeds op Woensdag 2 Julie begin, en het Sondag met ‘n Loof Hom Innibos-konsert op ‘n einde geloop.

Kunstenaars soos Elvis Blue, David Fourie en Karlien van Jaarsveld het die mikrofoon lewendig gehou terwyl verhoogproduksies soos Liewe Heksie en die Rolskaatse, vertolk deur Margit Meyer-Rödenbeck, en 4000myl met Annelisa Weiland op die planke was.

Vir die jonger garde was daar ook kinderproduksies soos Bennie Boekwurm en Babalela. Oud-inwoner Dia van Staden meen die Innibos Afskopkonsert verlede Woensdag het veel meer mense gelok as in die verlede.

“Duisende mense het hul sitplekke ingeneem om na die heerlike musiek van bekende sangers te kom luister, saam te sing en die heupe te swaai.”

Die afskopkonsert is gehou deur Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Gerhard Steyn, Dr. Victor en ‘n mondvol ander.

Pieter Koen het as aankondiger diens gedoen. Daar was uitgesien na nog ‘n groot konsert waar Theuns Jordaan, Elvis Blue, Emo Adams, Sorina, Arno Jordaan en Nicholis Louw die verhoog gaan skud. Verlede Donderdag het Marius Weyers en Sandra Prinsloo, weereens gewys hoekom hulle die beste in die bedryf is in die stuk Vir Ewig en Altyd. Nog ‘n briljante draaiboek deur Gharles Laurence, vertaal deur Johan Bernard en verwerk deur Pierre van Pletzen, was Vettie Vettie.

Vettie Vettie, waarin Tobie Cronje en Hanna Grobler ongelooflike spel lewer, is ‘n moet-sien, meen Dia. “Die vertoning is meer as twee ure lank, maar elke minuut werd. Die bevestiging dat voorkoms ‘n mens se denke beinvloed is deur hierdie uiters skerpsinnige dialoog beklemtoon.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button