EntertainmentLifestyle

Musieknote, lirieke by slypskool ontgin

Liedjieskrywers en musikante van die stad het op 21 Junie die Afri-Visie Skryf 'n Treffer-kompetisie se slypskool vir liedjieskrywers in die stad bygewoon.

POLOKWANE – Liedjieskrywers en musikante van die stad het op 21 Junie die Afri-Visie Skryf ‘n Treffer-kompetisie se slypskool vir liedjieskrywers in die stad bygewoon.

Dié slypskool is by Hoërskool Pietersburg in die skool se personeelkamer aangebied.

Die doel van hierdie slypskole, wat by skole regoor die land aangebied word, is om opkomende liedjieskrywers te help om hulle talente te ontgin.

Bekende stemafrigter en kunstenaarbestuurder, Heidi Edeling, het die slypskool aangebied en liedjieskrywer, Emil Struwig, wat Heinz Winkler se 1 001 Soene en Romanz se Dis Wat Ons Wil Hê geskryf het, het die fynere kunsies van liedjieskryf verduidelik.

Die kursus het temas soos die musiekbedryf, die proses van liedjies skryf en toonsettings behandel.

Die deelnemers moes ook kreatiewe opdragte uitvoer soos om vier woorde lukraak uit ‘n hoed te trek en dan binne 30 minute een versie en ‘n refrein te skryf wat hierdie woorde bevat.

“Alhoewel ‘n splinternuwe FAK in die lewe geroep is sodat ons al die wonderlike liedjies soos geskryf die afgelope 50 jaar kan herleef en beleef, is dit uiters noodsaaklik dat ons nuwe skeppers van oorspronklike Afrikaanse liedjies ontdek en bemagtig om voort te bou op legendariese liedjieskrywers soos Koos du Plessis en Christa Steyn se skeppings,” het Heidi gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button