Grootword met styl
Vet pret en insiggewend; dis hoe ma's en dogters die Grootword met Grasie-seminaar beskryf wat deur die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging in samewerking met Hoop vir Kinders en Koningskinders by die Agapé Lapa aangebied is verlede Saterdag.
POLOKWANE – Vet pret en insiggewend; dis hoe ma’s en dogters die Grootword met Grasie-seminaar beskryf wat deur die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging in samewerking met Hoop vir Kinders en Koningskinders by die Agapé Lapa aangebied is verlede Saterdag.
Sowat 150 mense het die geleentheid bygewoon waarvan 70 kinders was.
Die seminaar het vier temas gedek:
• Anne-Marie Venter, ‘n plaaslike skoonheidsterapeut, en Tiané Ströh, Mej Limpopo Tiener, het gepraat oor selfversorging en persoonlike higiëne;
• Linda Wentzel, ‘n plaaslike haarkapper, het wenke gegee oor haarversorging;
• Lizelle Booysen het gepraat oor kleredrag en klerekasbeplanning, en
• Nienke Viljoen, Mej Junior Suid-Afrika, het gepraat oor voorkoms en liggaamshou-ding.
Na die eerste drie spre-kers was daar ‘n pouse en die ma’s en hul dogters het elkeen ‘n bakkie sop met brood geniet. Na die tweede helfte het elkeen ‘n kolwyntjie en ‘n geskenkpakkie gekry.
Christa van der Linde, een van die organiseerders het aan Review gesê die seminaar was ‘n reuse sukses.
“Al die geld wat ons ingesamel het met hierdie kaartjie verkope gaan vir liefdadigheid.
“Ons wil graag almal wat die geleentheid bygewoon het bedank vir hul ondersteuning, ook ons sprekers.
“Ons will ook graag dankie sê aan al ons borge, Jack’s Paint, Kromdraai Blomme en Agapé Bedieninge.”



