Mooies in 50’s-styl
Met poodle skirts en wippende krullebolle het Limpopo se skoonhede Saterdagaand hul beste voetjie gesit by die Mej. Inni-Berg-skoonheidskompetisie.
MAKHADO – Met poodle skirts en wippende krullebolle het Limpopo se skoonhede Saterdagaand hul beste voetjie gesit by die Mej. Inni-Berg-skoonheidskompetisie.
Hierdie skoonheidskompetisie is deel van die CVO-skool Zoutpansberg se Inni-Berg Fees wat Vrydag en Saterdag in Makhado plaasgevind het.
Die tema van die kompetisie was Pretville, ter ere van die Afrikaanse musiekblyspel wat in die 50’s afspeel, en die deelnemers het oulik gelyk in hul periodedrag.
Ronja Janse van Rensburg, organiseerder van die Mej. Inni-Berg-kompetisie, het gesê die meisies het hul ongelooflik goed van hul taak gekwyt.
Afrikaanse sanger, Ruan Wepener, was die seremoniemeester.
Uitslae:
Vier tot agt jaar:
1. Geané Anderson.
2. Anzé Esterhuizen.
3. Anja-Alize Slingerland.
Nege tot 11 jaar:
1. Sualize van der Merwe.
2. Ansonette Oosthuizen.
3. Charlene Bothma.
12 tot 15 jaar:
1. Marvelique van der Merwe.
2. Lindie Lourens.
3. Chandré Breytenbach.
16 tot 21 jaar:
1. Temieke Streicher.
2. Sinead Kayla Otto.
3. Monique Dique.



