EntertainmentLifestyle

Skaap op die spit en pannekoeke

Die effense byt in die luggie Saterdagoggend het nie basaargangers gekeer om reeds van 07:00 af by Ons Tuiste bymekaar te kom vir hulle beroemde basaar nie.

POLOKWANE – Die effense byt in die luggie Saterdagoggend het nie basaargangers gekeer om reeds van 07:00 af by Ons Tuiste bymekaar te kom vir hulle beroemde basaar nie.

Soos by elke basaar was daar heerlike pannekoeke wat van vroeg reeds die lug met hul kaneelgeur gevul het en die vure met die skaapspit het gebrand.

Om die koue te verdryf was daar ‘n stalletjie wat heerlike boerekoffie te koop aangebied het en vir die soettand was die nageregtafel volgepak.

Vir boekliefhebbers was daar ‘n tafel vol boeke en self die kinders is nie afgeskeep nie danksy heerlike soetgoed en speelgoed.

Die witolifanttafel het ook groot aftrek gekry met items te koop vir so min as R5 elk.

Ook kon juweliersware-liefhebbers hul verlustig in die verskeie aanbiedinge.

“Dit is ‘n heerlike oggend en die atmosfeer hier is heerlik. Ek kan nie wag tot die volgende basaar nie,” het Annemarie Kapp, een van die basaargangers, vertel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button