Alles wat mooi en lekker is by mark
Inwoners kon hul vir 'n volle week lank verlustig in die mooi van die lewe by die jaarlikse Kunsmark wat by Laerskool Pietersburg (Suidskool) aangebied is.
POLOKWANE – Inwoners kon hul vir ‘n volle week lank verlustig in die mooi van die lewe by die jaarlikse Kunsmark wat by Laerskool Pietersburg (Suidskool) aangebied is.
Spesiaalgekeurde uitstallers het bewondering uitgelok met pragtige ware soos ontwerpersuitrustings, fynkunskussings, skilderye, juweliersware en houtwerk.
Vir die plantliefhebbers was daar ‘n wye verskeidenheid vetplante om van te kies en markgangers kon ‘n lafenissie by die teetuin geniet wanneer al die rond-snuffelary sy tol geëis het.
Vir die jongspan was daar speelgoed en verskeie ander handgemaakte produkte te kus en te keur.
Jacques Duvenhage het sy Engel Taste Sensation-souse uitgestal en markgangers kon self proe waaroor die bohaai oor hierdie gewilde souse gegaan het.
Eeufeeshuis het hul inwoners en dagbesoekers se handwerk uitgestal en verkoop.



