EntertainmentLifestyle

Makhado-vrou van die jaar gekroon

Ladies' Circle 4 het Saterdag hulle vrou van die jaar aangewys tydens 'n spoggeleentheid by die Purple Olive-restaurant.

MAKHADO – Ladies’ Circle 4 het Saterdag hulle vrou van die jaar aangewys tydens ‘n spoggeleentheid by die Purple Olive-restaurant.

Elke jaar bied hierdie groep vroue die kompetisie aan ter viering van Vrouedag.

Inwoners kon vroue nomineer en ook vir hulle gunsteling deelnemers stem per SMS.

Die 15 finaliste is bederf met ‘n heerlike oggendtee.

Vanjaar is Ladies’ Circle se vrou van die jaar Greta Fourie. Greta het al die finaliste bedank vir die goeie werk wat hulle in die gemeenskap doen. “My hart is oop vir liefdadigheid,” het sy gesê.

Gewilde Polokwane-sanger, Chanté Whelan, het die vroue vermaak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button