Oggend vir die vroue
Saterdag was Vrouedag en om die stad se vroue te inspireer en te verryk het die Lof- en Aanbiddingsentrum 'n heerlike oggend georganiseer met interessante gassprekers asook dans- en sangitems.
POLOKWANE – Saterdag was Vrouedag en om die stad se vroue te inspireer en te verryk het die Lof- en Aanbiddingsentrum ‘n heerlike oggend georganiseer met interessante gassprekers asook dans- en sangitems.
Die Doxa-dansgroep het die vrouens vermaak en daarna was Anja Strydom aan die beurt met liedjies soos Dink aan My, Make You Feel My Love en Die Sprokie.
Dr. Melané de Villiers, een van die sentrum se pastore, het eerste gepraat en aan die vroue verduidelik wie hulle in Christus is.
“Ons wil nie vroue herdenk vandag nie, maar vir Jesus Christus.
“Ons moet leer om te fokus op wie ons werklik is. Geluk lê in jou eie hande,” het sy gesê.
Geleentheidsspeker Lucky Kgomo het met die vroue gesels oor hoe die waarde van ‘n vrou en hoe dit in haar eie hande lê.
“Dit wat jy van jouself dink is wat ander sien.”
Die ander twee spre-kers was Amelia Botha en Betsie Joubert wat beide op hul unieke manier gepraat het oor wie die vrou in Christus is.



