EntertainmentLifestyle

Akteurs ondersoek rol van die liefde

Hoërskool Pietersburg (PHS) se toneelgroep het verlede Vrydag in Ermelo aan die ATKV Tienertoneel-finaal deelgeneem en algeheel vierde in Suid-Afrika geëindig.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se toneelgroep het verlede Vrydag in Ermelo aan die ATKV Tienertoneel-finaal deelgeneem en algeheel vierde in Suid-Afrika geëindig.

Ter voorbereiding hiervan het hulle verlede Dinsdag hulle toneelstuk opgevoer in die skoolsaal.

PHS-leerders, ouers, familielede en ander belangstellendes het hierdie spesiale geleentheid aangegryp om te sien hoe goed die groep hul van hul taak kwyt.

Die toneelstuk, Liefde Komma Punt, is geskryf deur Igna Botha en het in die tyd van die Anglo-Boereoorlog afgespeel.

Erika Botha het die rol van Magda, ‘n 17-jarige meisie, vertolk. Deur haar oë kon die gehoor sien en beleef waarmee gesinne in daardie oorlogstyd moes worstel en hoe be-langrik liefde vir hulle was.

Sumari Meyer het die rol van Elize vertolk en Chanté Jardin dié van Bea, twee hedendaagse 17-jariges. Die gehoor kon ook hierdie moderne jongmense se perspektief gebruik om te sien hoe liefde deur die jare steeds ‘n belangrike rol in jongmense se le-wens gespeel het.

JP Swart en Jonett Olivier het onderskeidelik die rolle van Rikus en Frida vertolk; twee negejariges wat uiteenlopende sienings oor die teenoorgestelde geslag het.

Gerhard Jansen, ‘n lid van die gehoor, het gesê dit was vir hom aangrypend om die leerders se talent te beleef. “Dis nie elke dag wat ‘n mens met ‘n knop in die keel wegstap van ‘n skoolopvoering nie.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button