EntertainmentLifestyle

Basaarpret fnuik ‘n kouefront se byt

Die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Suid het verlede Saterdag 'n heerlike basaar aangebied.

POLOKWANE – Die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Suid het verlede Saterdag ‘n heerlike basaar aangebied.

Ten spyte van die bibberweer wat deur murg en been gesny het, het lidmate hul stalletjies bankvas beman en het die basaargangers die stalletjies steeds ondersteun.

Die kinders wat hierdie geleentheid saam met hulle ouers bygewoon het, het hulle geensins gesteur aan die gure weer nie en al jillende op die springkastele gebaljaar met vrolike geverfde gesigte.

En wat is ‘n basaar sonder musiek? Broers Rikus en Ruan Korff het op-en-wakker musiek gespeel wat basaargangers se harte warm laat klop het.

Intussen het almal heerlik gesmul aan pannekoeke en ander lekkernye wat gehelp het om die koue effens af te weer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button