EntertainmentLifestyle

Kopkrap om Polokwane se boereworskoning te kroon

Die soektog na Suid-Afrika se smaaklikste boerewors het verlede Saterdag afgeskop in Checkers Polokwane se parkeerarea.

POLOKWANE – Die soektog na Suid-Afrika se smaaklikste boerewors het verlede Saterdag afgeskop in Checkers Polokwane se parkeerarea.

Tien deelnemers het hul heel beste tuisgemaakte boerewors voorgesit in die eerste streeksronde van die Shoprite Checkers Championship-boerewors-kompetisie.

“Daar was ‘n hele paar interessante smake en weergawes en natuurlik ook die tradisionele boerewors,” het Tommie Hurter, hoofbeoordelaar, vertel.

Die beoordelaars het die wors in gaar en rou formaat geproe en Koos van Dyk is as die wenner aangewys.

“Ek het ‘n tradisionele boerewors gemaak vir die kompetisie en is bly dat die beoordelaars dit geniet het,” het van Dyk gesê.

As die wenner van die streeksronde sal Van Dyk op 13 September aan die provinsiale ronde teen die ander Limpopo-streekswenners deelneem.

Die volgende streeksronde sal vandag (Dinsdag) plaasvind by die Tzaneen Leefstylsentrum.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button