Ambiance se markdag raak al meer gewild
Ambiance Restaurant het verlede Saterdag 'n ietsie ekstra vir hul gaste aangebied met 'n spesiale markdag vol pragtige handgemaakte items.
POLOKWANE – Ambiance Restaurant het verlede Saterdag ‘n ietsie ekstra vir hul gaste aangebied met ‘n spesiale markdag vol pragtige handgemaakte items.
Elke stalletjie was uniek en elke item het gespreek van kunstige sorg en passie.
Carel Grobler en Niekie Kruger van CN Woodworx het gespog met die mooiste meubels wat hulle van gewone, alledaagse houtpalette gemaak het.
“Meubels hoef nie noodwendig iets duur te wees wat ingevoer is nie. Dit kan gemaak word van die hout wat jy by jou huis of besigheid het,” het Niekie aan Review vertel.
Drie susters Michlan, Lumicke en Nelieq Groenewald het met hulle krale-stalletjie seker gemaak hulle maak sakke vol geld.
Liana Jansen van Rensburg, een van die besoekers aan die markdag, het vertel dat sy gereeld die restaurant besoek omdat hulle die beste koek en lekkerste kos verkoop.
“Dis lekker om by jou gunsteling restaurant te kom en te sien daar is iets nuut om van te kies,” het sy bygevoeg.



