Nasorgsentrum bied sangaand aan om nuwe uniforms te kan koop
Laerskool Pietersburg (Suidskool) se nasorgsentrum het Saterdagaand 'n sangaand by die skool aangebied om geld in the samel vir nuwe uniforms vir die nasorg-personeel.
POLOKWANE – Laerskool Pietersburg (Suidskool) se nasorgsentrum het Saterdagaand ‘n sangaand by die skool aangebied om geld in the samel vir nuwe uniforms vir die nasorg-personeel.
Die kaartjies is teen R50 per persoon verkoop en kinders kon die aand gratis bywoon. Die tema vir die aand was Toeka tot Nou.
Natasha Mitchell, plaaslike sange-res het die gehoor vermaak, asook Pe-tro Erasmus en Bronwyn Jacobs.
Mitchell het ook haar tweede CD, Tributes, by die sangaand bekend ge-stel.
Die kunstenaars het die gehoor betower met ou en nuwe musiek en ‘n paar van Mitchell se liedjies van haar eerste CD, Toegeplak Gebêre Verby.
Oud en jonk het ook heerlik saamgesing met gewilde treffers.
Tydens pouse het mense ‘n geleentheid gekry om Mitchell se CD’s te koop wat sy ook geteken het.



