EntertainmentLifestyle

Hoede en handsakke om seer te verlig

Pragtige hoede en modieuse handsakke het die bo-toon gevoer by Pam Golding Polokwane se jaarlikse Hats and Handbags-glansaand verlede Woensdag.

POLOKWANE – Pragtige hoede en modieuse handsakke het die bo-toon gevoer by Pam Golding Polokwane se jaarlikse Hats and Handbags-glansaand verlede Woensdag.

Plaaslike sielkundige berader, Carla de Jager, het die vroue toegespreek oor mishandeling en ook ‘n liedjie gesing.

“Die meeste mishandeling van vroue en kinders gebeur binne verhoudings. Mishandeling neem verskillende vorme aan. ‘n Man mag dalk weier dat die vrou enige vriende mag hê en haar isoleer, of hy kan haar fisies skop en slaan.

“Daar is ook sielkundige mishandeling waar die man die vrou slegsê en afkraak tot sy geen selfbeeld meer oorhet nie,” het Carla verduidelik.

Sy het ook verduidelik dat dit nie maklik is om uit ‘n afbrekende verhouding te ontsnap nie en het raad gegee oor hoe om sulke situasies te hanteer.

Na die praatjie het Carla ‘n liedjie wat sy self geskryf het gesing.

Elke gas van die Hats and Handbags-aand moes ‘n spogge-rige hoed dra en ‘n handsak, gevul met benodighede om mishandelde of siek vroue en kinders te ondersteun, saambring.

Linda de Witt van Pam Golding Polokwane het verduidelik hoe die handsakke gepak is.

“Ons het lysies opgestel sodat die vroue die handsakke volgens drie kategorieë kon pak. Die eerste was vir kinders tot en met sewe jaar oud. Die tweede was vir kinders tussen sewe en 14 jaar en die derde vir kinders en vroue ouer as 14 jaar.

Die handsakke moes benodighede van die lysies af bevat en gemerk word,” het sy verduidelik.

Volgens Linda sal die hand-sakke aan die volgende instansies geskenk word:

• Die polisie se slagofferondersteu-ningssentrum;

• Die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging;

• Plek van Hoop, en

• die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se Tough Living With Cancer-kindersaal.

Linda het vertel die idee van die funksie het ontstaan toe Pam Golding se personeel gesit en planne beraam het oor hoe om meer betrokke te raak in die gemeenskap. “Ons is baie afhanklik van al ons borge en almal wat bygedra het tot die sukses van vannaand. ‘n Groot dankie aan St. Marco Saal vir die saal en die dekor en aan Carla vir haar motiverende woorde en optrede.”

Ander borge wat die aand moontlik gemaak het was:

• Datri Paint and Hardware;

• Flower and Dough Fairy

• BB Auto Polokwane;

• Ooba;

• Granor Passi;

• Easy Life Kitchen;

• Bella Fashion;

• Sterkloop Tackle and Petshop and Crazy Chameleon;

• Pick ‘n Pay;

• Nguni Grill;

• House of Finess;

• Overland;

• Cuppachino’s;

• Preggo’s, en

• Streakz a Head.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button