EntertainmentLifestyle

Boerefees bring die Wilde Weste na jou

Vanjaar se jaarlikse Boerefees, aangebied deur die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen, het vir die eerste keer sedert sy ontstaan vier jaar gelede met 'n Wilde Weste-tema gespog, sê Bennie Viljoen, voorsitter van dié kerk se projekte-bestuur.

POLOKWANE – Vanjaar se jaarlikse Boerefees, aangebied deur die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen, het vir die eerste keer sedert sy ontstaan vier jaar gelede met ‘n Wilde Weste-tema gespog, sê Bennie Viljoen, voorsitter van dié kerk se projekte-bestuur.

“Dit is die eerste keer dat ons hierdie Boerefees met ‘n Wilde Weste-tema aanbied. Dit is duidelik na die afgelope naweek se opkoms en ondersteuning van die gemeenskap dat dit ‘n gewilde gedagte en ‘n groot aantrekking is.

“Vanweë hierdie positiewe terugvoer sal ons as organiseerders weer daaraan dink om dit weer so aan te bied,” sê Viljoen. Volgens Viljoen is hierdie ‘n geldinsamelingsgeleentheid wat ten bate van ‘n welwillendheidsfonds aangebied word.

Hy sê die afgelope naweek se fees het in die omgewing van R150 000 opgelewer waarvan ‘n 10de aan die kerk gegee gaan word en die res gaan aan organisasies sonder winsbejag waarby die kerk betrokke is.

Viljoen voeg by dat dié kerk se jaarlikse 4×4-rit teen die einde van Oktober weer aangebied sal word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button