EntertainmentLifestyle
Hervormde Kerk se susters bied markdag aan
Reeds van vroeg af het die vure gebrand en die reuk van pannekoek in die lug gehang by die jaarklikse Markdag vir Susters van die Hervormde Gemeente Pietersburg.
POLOKWANE – Reeds van vroeg af het die vure gebrand en die reuk van pannekoek in die lug gehang by die jaarklikse Markdag vir Susters van die Hervormde Gemeente Pietersburg.
Daar was 40 uitstallers met ware wat gewissel het van klere en juweliersware tot skoonheidsprodukte en plante. Ook het Matewis Willemse sy selfgemaakte houtspeelgoed uitgestal en verkoop.
Karel van Heerden het besoekers vermaak met sy sang.
Die vroue van die gemeente het ook hul eerste resepteboek met uitsoekresepte bekendgestel en aan markgangers verkoop.
“Die atmosfeer hier is lekker en baie gesellig. Ek sal heeldag hier wou bly as ek kon,” het Martie Kruger vertel.



