EntertainmentLifestyle

Kruinies kroon hul gunstelinge

Na maande se afwagting en harde werk het die groot dag vir die Mnr. en Mej. Curro Heuwelkruin-finaliste Vrydag aangebreek.

POLOKWANE – Na maande se afwagting en harde werk het die groot dag vir die Mnr. en Mej. Curro Heuwelkruin-finaliste Vrydag aangebreek.

Die kompetisie was nie ‘n skoonheidskompetisie nie en finaliste moes oor ‘n tydperk van ‘n paar maande gemeenskapswerk doen.

Die 12 finaliste is in drie groepe opgedeel.

Een groep het Martha Hofmeyr Tehuis as projek gekry, ‘n volgende groep en Aretha Tehuis gekry en die derde groep het Jo-Anne Rusoord gekry.

Elke groep moes by hulle onderskeie tehuise kuier en tyd saam met die inwoners spandeer.

Saam het die groepe ook besoek afgelê by die Kansa Theunis Fichardt Hospitium en Mankweng Hospitaal.

Vrydagaand het die finaliste geleentheid gekry om vir die gehoor en beoordelaars te wys wat hulle oor die afgelope maande vermag het.

Hulle het ook hul ander talente soos sang en dans ten toon gestel.

Op die einde van die aand moes die beoordelaars bepaal wie met die krone sou wegstap.

Die beoordelaars was Diaan Lawrenson (Paula van der Lecq-de Bruyn van 7de Laan), haar man Jody Abrahams, Erika Bantjies, Janru Venter (Mnr. Curro Heuwelkruin 2013), Juan-Merie Venter (Mej. Curro Heuwelkruin 2013) en Nikita Oosthuizen (Mev. Polokwane eerste prinses 2013/14).

Die finaliste was Lara van Niekerk, Wernich Kachelhoffer, Maritza Jacobs, Ross Pretorius, Ilanie Heystek, Zandré de Vos, Nicolette de Kock, Nardus Snyman, Minette Snyman, Anke Jordaan, Tristan Willemse en Stefan Nel.

Wernich Kachelhoffer is aangewys as Mnr. Curro Heuwelkruin en Lara van Niekerk as Mej. Curro Heuwelkruin.

Die eerste prinses was Anke Jordaan en die eerste prins Nardus Snyman.

Die tweede prinses was Minette Snyman en die tweede prins Zandré de Vos.

Anke is ook, saam met Ross Pretorius, as Mnr. en Mej. Fotogenies aangewys.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button