Sien Pad na Jou Hart by PHS
Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan by Hoërskool Pietersburg kom kuier.

Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan by Hoërskool Pietersburg kom kuier.
In samewerking met Epic Cinemas bring hulle die lokettreffer-fliek, Pad Na Jou Hart op 12 September na die skool en skep ‘n geleentheid om ‘n wonderlike fliekaand onder die sterre saam met familie en vriende te geniet.
Dit sal ‘n buitengewone ervaring wees om die film op ‘n buitengewone groot skerm te sien.
Pad Na Jou Hart is ‘n Afrikaanse romantiese avontuurkomedie oor ‘n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman wat vyf het dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom. Hy moet egter sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familiemaatskappy kan oorneem.
Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is ‘n saamrygeleentheid saam met die beeldskone boheemse meisie, Amoré, wat deur Donnalee gespeel word.
Kaartjies is R50 elk en kinders onder ses jaar gaan gratis. Kaartjies kan direk by Hoërskool Pietersburg gekoop word by (015) 297 3201 en is ook beskikbaar by www.epiccinemas.co.za. Hekke open om 16:30 en die film begin om 18:30. Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Verversings sal te koop aangebied word.
Wenners moet hul pryse op die aand by Alishia van Deventer van Starburst Music by die skool afhaal.



