EntertainmentLifestyle

Werkswinkel wys hoe jy kruie daagliks gebruik

POLOKWANE – Cornie Odendaal en Alma Whitehead is twee inwoners van die stad met ‘n verstommende gedeelde kennis van kruie. Verlede naweek het hulle ‘n kruie-werkswinkel by die Calli-dendtron-kwekery op Myngenoegen aangebied. Cornie het vertel dat die kruiegogga haar reeds op die ouderdom van nege jaar gebyt het en dat kruie wonderwerkplante is wat iets …

POLOKWANE – Cornie Odendaal en Alma Whitehead is twee inwoners van die stad met ‘n verstommende gedeelde kennis van kruie.

Verlede naweek het hulle ‘n kruie-werkswinkel by die Calli-dendtron-kwekery op Myngenoegen aangebied.

Cornie het vertel dat die kruiegogga haar reeds op die ouderdom van nege jaar gebyt het en dat kruie wonderwerkplante is wat iets van alles aan die mensdom bied.

Sy het aan die deelnemers verduidelik hoe om ‘n kruietuin aan te plant en het die nut van verskeie kruiesoorte bespreek.

Alma het die medisinale gebruike van kruie bespreek en selfs aan deelnemers kruie uitgedeel om te help met die loop-neuse en verkoues wat hierdie tyd van die jaar hoogty vier.

“Kennis oor kruie is iets waarvoor mens nooit moeg kan word nie. Ek is reeds 41 jaar lank daarmee besig en is nogsteeds op soek na seldsame kruie,” het Cornie verduidelik.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button