EntertainmentLifestyle

Renosterpoort-basaar weer ‘n treffer

Basaargangers het die musiek van Natasha Mitchell, 'n plaaslike sangeres, by die N.G. Kerk-Renosterpoort se basaar verlede Saterdag baie geniet.

POLOKWANE – Basaargangers het die musiek van Natasha Mitchell, ‘n plaaslike sangeres, by die N.G. Kerk-Renosterpoort se basaar verlede Saterdag baie geniet.

By hierdie basaar was daar ‘n lekker vrolike familie-atmosfeer, met kinders wat op ‘n springkasteel gespeel het en mense wat oral gesit en gesels het.

‘n Bordvol “boerebrêkvis” was ‘n groot trekpleister vir die feesgangers.

Die basaar het stalletjies na almal se smaak gehad. Daar was pannekoek- en stokworsietafels, vetkoek en maalvleis-tafel, ‘n witolifant-tafel, ‘n kindertafel met speelgoed te koop en nog vele meer. Die groete en vleis pakke het blitsvinnig uitverkoop soos feesgangers dit opgeraap het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button