EntertainmentLifestyle

Buster en Hanna sê elkeen het ‘n gawe

Kinders van verskillende ouderdomme het opgewonde met eetgoedjies op die vloer in die skoolsaal van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gesit en wag vir Buster die Brak en Hanna Grobler om hul verskyning te maak verlede Saterdagoggend.

POLOKWANE – Kinders van verskillende ouderdomme het opgewonde met eetgoedjies op die vloer in die skoolsaal van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gesit en wag vir Buster die Brak en Hanna Grobler om hul verskyning te maak verlede Saterdagoggend.

Daar was meer as 100 mense by dié vertoning en die kaartjies is teen R50 per persoon verkoop. Die vertoning van Buster en Hanna is ten bate van Hoop vir Kinders, ‘n pleeghuis in die stad wat na sowat 14 kinders omsien, aangebied.

‘n Opgewonde gees het geheers en die kinders het heerlik saam met Hanna en Buster gesing.

Elke liedjie het ‘n boodskap gehad, wat Hanna eers aan die kinders verduidelik het voordat hulle begin sing het.

Die eerste boodskap was dat elkeen gebore is met ‘n gawe of talent en dat hulle nie bang moet wees om dit te gebruik nie.

Die tweede boodskap was dat hulle vir niks bang hoef te wees nie, want hulle het God se wapenrusting aan en Hy sal hulle altyd beskerm.

Die derde boodskap was dat almal altyd moet dankbaar wees vir wat hulle het, want daar baie arm kinders wat nie so gelukkig is om speelgoed, kos of ‘n bedjie te hê nie.

Aan die einde van die vertoning kon ouers en kinders CD’s en DVD’s koop en foto’s neem.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button