EntertainmentLifestyle

Veteraan- en sportmotors laat die oë rek

Die Bosveld Autoklub het hul 29ste Cars in the Park-uitstalling verlede Saterdag by Genl Piet Joubert Skool aangebied

Die Bosveld Autoklub het hul 29ste Cars in the Park-uitstalling verlede Saterdag by Genl Piet Joubert Skool aangebied.

Behalwe vir die stalletjies gevul met met snuisterye, was daar ook heerlike kosse soos vetkoek, stokworsies en heerlike gebak te koop.

Gaste kon hul verlustig in ou motors soos Chevrolets, Studebakers en Porches.

Een uitstaller het selfs ‘n ou brandweerwa uitgestal wat hy aangekoop het en tans op sy plaas gebruik om brande te bestry.

Jacques Duvenhage beplan om mense se smaakkliere te prikkel met sy Engeltongue souse wat heerlik is saam met soutbeskuitjies.
Jacques Duvenhage beplan om mense se smaakkliere te prikkel met sy Engeltongue souse wat heerlik is saam met soutbeskuitjies.
Francois Swart staan trots by die Studebaker Champion 1950-model wat hy restoureer het.
Francois Swart staan trots by die Studebaker Champion 1950-model wat hy restoureer het.
Erick Wiese, Henriette Janse van Vuuren, Karien Smit Potgieter en Johan Zeelie dien almal op Pieterseburg Sê Jou Sê Samaritane se komitee.
Erick Wiese, Henriette Janse van Vuuren, Karien Smit Potgieter en Johan Zeelie dien almal op Pieterseburg Sê Jou Sê Samaritane se komitee.

Volgens Dries de Lange, een van die organiseerders, was daar uitstal-lers van Pretoria, Modimolle, Mookgophong, Makhado, Tzaneen en Modjadjiskloof.

Francois Swart het ‘n paar motors uitgestal, onder andere ‘n Studebaker Champion 1950-model.

“Ek het gelukkig nie vreeslik baie werk moes doen om hierdie motor op te bou nie. Ek het hom gekoop van ‘n ouerige oom,” het hy vertel.

Die Pietersburg sê Jou sê Samaritane het ook ‘n stalletjie beman.

Hierdie mense het van die geleentheid gebruik gemaak om nie-bederfbare kos, klere en ander benodighede in vir behoeftige gesinne in die gemeenskap in te samel.

“Sodra ons hoor van ‘n behoefte, stel ons eers ondersoek in en maak seker daar is werklik ‘n behoefte. Dan verskaf ons aan die mense soos ons goeddink,” het Johan Zeelie, voorsitter van die groep se komitee, verduidelik.

Johan het vertel hulle het heelwat kos en klere gekry Saterdag.

“Ons wil dankie sê aan elke individu wat kos en klere gebring het. Dit word opreg waardeer.”

Steve Anderson, een van die besoekers, vertel dat hy die dag baie geniet het.

“Die atmosfeer was gemaklik, die kos heerlik en die motors iets besonders.

“Ek kan nie wag vir volgende jaar se uitstalling nie.”

Marizelle Pretorius (10), Louize Stoltz (6) en Nathan Pretorius (9) beman vir 'n oomblik die stalletjie met handgebreide klere vir babas en ander produkte.
Marizelle Pretorius (10), Louize Stoltz (6) en Nathan Pretorius (9) beman vir ‘n oomblik die stalletjie met handgebreide klere vir babas en ander produkte.
'n Ou brandweer trokkie wat gerestoureer is en in volle werkende toestand is, was ook te sien by die Bosveld Autoclub se Cars in the Park.
‘n Ou brandweer trokkie wat gerestoureer is en in volle werkende toestand is, was ook te sien by die Bosveld Autoclub se Cars in the Park.
Attie Scheepers verkoop kinderspeelgoed by die Bosveld Auto Club se Cars in the Park.
Attie Scheepers verkoop kinderspeelgoed by die Bosveld Auto Club se Cars in the Park.
Deon de Jager maak self rissies wat hy inlê en verkoop.
Deon de Jager maak self rissies wat hy inlê en verkoop.
Alloëta Janse van Rensburg maak motorfiets baadjies vir kinders en verkoop dit dan op byeenkomste soos die Bosveld Auto Club se Cars in the Park.
Alloëta Janse van Rensburg maak motorfiets baadjies vir kinders en verkoop dit dan op byeenkomste soos die Bosveld Auto Club se Cars in the Park.
Die van Wyk gesin is trots om saam as familie hulle handgemaakte produkte by die Bosveld Autoklub se Cars in the Park-uitstalling uit te stal. Voor staan die sewejarige Miché, en agter staan haar ma Minchen en haar ouma Amanda.

Philip Lottering sit agter die stuur van 'n AC Cobra by die Bosveld Autoklub se Cars in the Park-uitstalling. Langs hom is sy vrou, Lusinda.
Philip Lottering sit agter die stuur van ‘n AC Cobra by die Bosveld Autoklub se Cars in the Park-uitstalling. Langs hom is sy vrou, Lusinda.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button