Kom braai saam met Hieb, 2 Okt
Die My Limpopo Kombuis-braaikompetisie wat deur Help In Elke Behoefte (Hieb) en Florapark Spar aangebied word sal op 2 Oktober by diec plaasvind.

Die My Limpopo Kombuis-braaikompetisie wat deur Help In Elke Behoefte (Hieb) en Florapark Spar aangebied word sal op 2 Oktober by die Polokwane Gholfklub plaasvind.
Dirk Liebenberg, een van die organiseerders en HIEB direkteur, het bevestig dat wêreldbekende sjef, Martin Kobald, hier as beoordelaar sal optree.
Kobald is die lewenslange erepresident van die Suid-Afrikaanse Sjef Assosiasie en is ook betrokke in die produksie van die bekende TV-reeks, Bring en Braai.
Volgens Liebenberg sal dit ideaal wees as besighede mekaar uitdaag vir die braaikompetisie.
Inskrywings vir die braaikompetisie is steeds oop en kos R1 000 per span.
Die wenners sal R10 000 kontant wen.
Braaiers sal óf ‘n voorgereg en hoofgeereg óf ‘n hooofgereg en nagereg moet voorsit aan die beoordelaars en vleissnitte vir die kompetisie moet by Florapark Spar gekoop word.
Deelnemers kan met die slagter van Florapark Spar, Marko Jacobs, gesels om spesiale vleissnitte uit te kies en te sny vir die kompetisie.
Vir meer inligting skakel Dirk Liebenberg by 081 707 7467, Dina Pretorius by 083 628 9249 of Henry Bojé by 015 296 4139.



