Pieter Badenhorst maak die mooiste klanke by die Boeremusiekgilde se boeredans.
Die Boeremusiekgilde is ‘n organisasie sonder winsbejag en sonder enige politieke invloed wat dit ten doel het om die behoud, bevordering en uitbouing van tradisionele en eie-tydse boeremusiek te verseker.
Hierby ingesluit is ligte Afrikaanse musiek in die ritmiese idioom.
Saterdagaand het vyf orkeste by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgetree en musiek gemaak sodat inwoners van Polokwane heerlik saam kon dans.
Die orkeste was die Suikerbosdans Orkes, Juan de Bruin en sy Orkes, Attie Vermaak en sy Orkes, Oom Connie en sy Orkes en Danie du Toit en sy Orkes.
Gaste is versoek om hul eie eet- en drinkgoed te bring en die aand saam met die orkeste te geniet.
Juan du Bruyn en sy Orkes is van Mokopane en het onlangs die Noordstreek-boereorkeskompetisie gewen. Hulle speel op 11 Oktober in die finale ronde van dié kompetisie in Pretoria.
Die Boeremusiekgilde is gestig op 9 Oktober 1989 en vier vanjaar hul 24ste bestaansjaar. Daar is 16 takke landswyd wat in twee streke verdeel is. Die Noordstreek en Suidstreek word geskei deur die Oranjerivier.
In die Noordstreek is daar 11 takke en in die Suidstreek vyf. Altesaam het die gilde 2 000 lede.
Neels Marais (addisionele lid van die Boeremusiekgilde) speel sy hart uit tydens die Boeremusiekgilde se boeredans by Tom Naudé Saterdag.Voor sit Connie Schlebush, Dawid Schlebush, Juan-Marie Schlebush, Juanita Schlebush, Jack Meyer en Rina Meyer. Agter staan Angelique Schlebush en Johan Schlebush.Die bestuur van die Boeremusiekgilde is Juan du Bruyn (tesourier), Magriet Smit (sekretaresse), Kobus Smit (Potgietersrus-tak, voorsitter), Johan Kritziner (Noordstreek voorsitter), Wessel Poetgieter (Noordstreek, ondervoorsitter), Eugene van Heerden (Potgietersrus-tak, ondervoorsitter) en Alison Vorster (addisionele lid). Neels Marais (addisionele Lid) was op die verhoog besig om te speel toe die foto geneem is.Vriende kuier heerlik saam terwyl die boerorkeste musiek maak. Voor sit Suzette du Bruyn, Skieppie Vermaak en Ilze Gouws. Agter staan Marné du Bruyn, Nardo Greeff en Carmen Pereira-Luis.Shirley en Pieter Badenhorst dans op maat van boeremusiek.Kotie Gillen en Pieter Cornelius geniet die aand saam met die boeremusiekgilde.Juan du Bruyn en sy Orkes: voor staan Ina du toit en Estie Vermaak. Agter staan Juan Vermaak, Juan du Bruyn en Eugene Marais.Danie en Magdeld Verwey maak seker hulle woon elke optrede van die Boereorkesgilde by.