EntertainmentLifestyle

In vodde vir ‘n kerkbasaar

Die N.G. Kerk Pietersburg-Oos het Saterdag weer feesgevier tydens 'n heerlike kerkbasaar met 'n boemelaarstema.

Die N.G. Kerk Pietersburg-Oos het Saterdag weer feesgevier tydens ‘n heerlike kerkbasaar met ‘n boemelaarstema.

Alles wat jy op ‘n basaar wil hê en nog meer was beskikbaar, en van die boemelaar-verkopers by die stalletjies het baie mooi gevra dat hul nood verlig moet word en dat hulle produkte tog asseblief gekoop moet word.

Die witolifant-tafel waarby die tweedehandse boeke inge-sluit was, het, soos gewoonlik groot belangstelling gewek, een se wit olifant is immers moontlik iemand anders se skat.

Buitendien is dit mos lekker om te snuffel vir iets wat jy dalk net kan gebruik of wat ‘n kaal hoekie in die huis pragtig kan opkikker.

Besoekers kon ook sommer self besluit wat die “olifante” vir hulle werd is.

Boeke te kies en keur het talle belangstellendes gelok wat met armvragte vol lekkerleesboeke so na hulle smaak huistoe gegaan het.

Eetgoed, vleis en groente is altyd ‘n trekpleister: van die heerlike ontbyt in die pragtig versierde galery tot pannekoek, fyngebak, beskuit en koekies, poedings, hamburgers.

Hennie van Aarde se handgemaakte messe en en Ferdi van Rooyen se Bonzai-boompies was van die uitsonderlike items te koop tydens dié basaar.

Peet van Vuuren het die pannekoek-flip mooi onder die knie na jare se oefening by basaars. Hy het pannekoek gebak by die N.G Kerk Pietersburg-Oos se basaar.
Peet van Vuuren het die pannekoek-flip mooi onder die knie na jare se oefening by basaars. Hy het pannekoek gebak by die N.G Kerk Pietersburg-Oos se basaar.
Ferdi van Rooyen verkoop Bonsai-boompies by die N.G. Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.
Ferdi van Rooyen verkoop Bonsai-boompies by die N.G. Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.
Ilse Meyer staan reg om besoekers te bedien met 'n heerlike ontbyt by die N.G. Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.
Ilse Meyer staan reg om besoekers te bedien met ‘n heerlike ontbyt by die N.G. Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.
Toets Jacobs is besig boeke uit te soek tussen die talle tweedehandse boeke by die N.G Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.
Toets Jacobs is besig boeke uit te soek tussen die talle tweedehandse boeke by die N.G Kerk Pietersburg-Oos se boemelaarsbasaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button