EntertainmentLifestyle

Vlooimark bied ietsie vir elkeen aan die einde van elke maand

Elke laaste Saterdag van die maand kry Farmyard se voorstoep lewe met 'n wonderlike vlooimark op die drumpel.

Elke laaste Saterdag van die maand kry Farmyard se voorstoep lewe met ‘n wonderlike vlooimark op die drumpel.

Hier kan uistallers hul ware, van breiwerk en koeke tot houtwerk en ingelegde konfyt. uitstal en verkoop.

Saterdag was die derde keer wat hierdie vlooimark aangebied is en volgens die organiseerder, Ninia Knott, was dit ‘n sukses.

“Vanuit ‘n uitstaller se oogpunt was dit stil, maar dit is omdat daar baie ander vlooimarkte in die stad was Saterdag.

“Volgende maand sal dit weer beter gaan,” het sy gesê.

Anette Snyman, een van die besoekers by die vlooimark het vertel sy geniet dit om by dié mark inkopies te doen.

“Dit is so lekker en rustig hier,” het sy aan Review gesê.

Hans Melville sê hy hou daarvan om mooi goed uit hout te maak en dat hy dit geniet as mense sy houtware koop by die Farmyard vlooimark.
Hans Melville sê hy hou daarvan om mooi goed uit hout te maak en dat hy dit geniet as mense sy houtware koop by die Farmyard vlooimark.
Almal wat 'n vlooimark besoek wil graag wegloop met 'n heerlike koek of tert. Hier sorg Tracy du Bruyn en Nicole du Toit dat vlooimark-gangers nie teluergestel word nie.
Almal wat ‘n vlooimark besoek wil graag wegloop met ‘n heerlike koek of tert. Hier sorg Tracy du Bruyn en Nicole du Toit dat vlooimark-gangers nie teluergestel word nie.
Truida Jansen verkoop self gebakte koekies by die Farmyard Vlooimark.
Truida Jansen verkoop self gebakte koekies by die Farmyard Vlooimark.
Jessiejo Creative geborduurde babadoeke en -klere is ook te koop by Joan Wium by die Farmyard Vlooimark.
Jessiejo Creative geborduurde babadoeke en -klere is ook te koop by Joan Wium by die Farmyard Vlooimark.
Jo Potgieter doen brei en hekelwerk en verkoop dit dan saam met tuis ingelegde konfyte en chillie souse.
Jo Potgieter doen brei en hekelwerk en verkoop dit dan saam met tuis ingelegde konfyte en chillie souse.
Ilse en Willie Naudé verkoop Klippiesveld Kaas by Farmyard se maandelikse vlooimark.
Ilse en Willie Naudé verkoop Klippiesveld Kaas by Farmyard se maandelikse vlooimark.
Handsakke en juwele is twee van elke vrou se swakhede en Pratixa Patel is gereed om aan hierdie vrouens te voorsien.
Handsakke en juwele is twee van elke vrou se swakhede en Pratixa Patel is gereed om aan hierdie vrouens te voorsien.
Anet Oosthuizen gebruik dun naalde om fyn werk vir baba klere te brei wat sy dan weer verkoop.
Anet Oosthuizen gebruik dun naalde om fyn werk vir baba klere te brei wat sy dan weer verkoop.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button