Polokwane-modelle skitter by Mnr. Mej. Lente-kompetisie in Makhado
Die modelle van Modelworks Modelskool het aan die Mnr. en Mej. Lente-model-kompetisie in Makhado deelgeneem.
Die modelle van Modelworks Modelskool in die stad maak vinnig opgang in die modewêreld en het verlede week aan die Mnr. en Mej. Lente-model-kompetisie in Makhado deelgeneem.
In die mansafdeling was Cole Gilburt eerste, Pieter Kellet was tweede en Cameron Gilburt derde. Al drie hierdie modelle is studente van Modelworks.
Seja Kgopa het ‘n eerste plek in haar ouderdomsgroep behaal, Francine Andrews ‘n tweede plek in haar ouderdomsgroep en Marchalize Beukes ook ‘n tweede plek in haar ouderdomsgroep.
Nicolize Beukes is gekroon as Mev. Lente en Rosa Gilburt is as tweede prinses gekroon in die Mej. Lente-afdeling.
Op 11 Oktober gaan Shelly Gilburt, Maegan Gilburt, Marchalize Beukes en Nicolize Beukes Modelworks verteenwoordig by die Mnr. en Mev. Limpopo-kompetisie.



