Fees help 2 goeie sake
Die pretaktiwiteite by die Renosterkop Boerefees 10km buite die dorp op die N1-noord het talle inwoners oor die naweek gelok.
Die pretaktiwiteite by die Renosterkop Boerefees 10km buite die dorp op die N1-noord het talle inwoners oor die naweek gelok.
Die fees het oor twee dae gestrek, Vrydag en Saterdag, met lekker Afrikaanse musiekvermaak soos die optredes van Pieter Smith en Jaco Labuschagne.
Daar was verskeie stalletjies wat kos, koeldrank, biltong, soetgoed, klere en nog vele meer oulike gebruiksitems verkoop het. Daar was ook ‘n biertuin.
Die feesgangers kon aan ‘n verskeidenheid kompetisies deelneem soos die Vasbyt-kompetisie wat verskillende hindernisse ingesluit het, boogskiet, kleiduifskiet en potjiekos.
Elke kompetisie het pryse vir die top drie wenners gehad.
Die geld wat ingesamel is, word aan twee sake geskenk. ‘n Gedeelte gaan vir veiligheidsmaatreëls in Transand Boere Vereniging-gebied en die ander gedeelte gaan vir renosterbewaring.
Die fees organiseerders het almal wat die dag ondersteun het en ook al die borge bedank.



