EntertainmentLifestyle

Glimbande kan leerders se lewens op paaie red

Raymond Bronkhorst het besluit om 'n veldtog van stapel te stuur om glimbande, 'n gordel wat lig reflekteer, aan leerders by plaaslike skole uit te deel.

Die afgelope jaar is die gemeenskap van die stad telkens tot stilstand geruk deur die dood van kinders en jongmense in fiets en-motorfietsongelukke.

Raymond Bronkhorst het besluit om ‘n veldtog van stapel te stuur om glimbande, ‘n gordel wat lig reflekteer, aan leerders by plaaslike skole uit te deel.

DA raadslid, Roelof Lourens, sê hy ondersteun hierdie projek ten volle.

“Mense dink dikwels hierdie soort tragedies op die pad gebeur net met ander mense, maar dit kan met enigeen gebeur,” sê hy.

Om geld vir die projek in te samel, het Raymond besluit om ‘n optrede van die bekende en gewilde Afrikaanse sangeres, Elizma Theron, in Polokwane te reël.

Elizma sê sy ondersteun ook hierdie veldtog.

“Ek ondersteun en verwelkom die veldtog ten volle en glo dit sal ‘n reuse bydrae lewer tot die bewusmaking en sigbaarheid van leerders wat met fietse en motorfietse op die paaie is.

Polokwane is die laaste tyd baie hard getref deur hierdie tipe ongelukke en daarom het ek besluit om my deel te doen om ‘n verskil te maak en dalk ‘n lewe te red.”

Raymond doen ‘n beroep op skoolhoofde om die projek te ondersteun deur kaartjies te verkoop.

“Skole wat kaartjies verkoop sal voorkeur kry wanneer ek die glimbande begin uitdeel,” verduidelik hy.

Elizma tree op Vrydag 21 November by Café Pavilion op ten bate van die projek.

“Alle opbrengste word aangewend vir die aankoop van glimbande en ek nooi alle inwoners hartlik uit om die aand saam met my te kom geniet en ‘n verskil te maak,” sê sy.

Kaartjies is beskikbaar by Florapark Spar of skakel vir Raymond by 079 034 2312 vir meer inligting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button