18 putjies in fris briesie vir HIEB
Die plaaslike welsynsorganisasie Hulp In Elke Behoefte (Hieb) het op 2 Oktober hul jaarlikse gholfdag aangebied.
Die plaaslike welsynsorga-nisasie Hulp In Elke Behoefte (Hieb) het op 2 Oktober hul jaarlikse gholfdag aangebied.
Die winderige toestande het die spelers op hulle tone gehou en gesorg vir ‘n uitdagende dag se spel by die Polokwane Gholfklub.
Die kompetisie het ‘n vierbal-formaat met twee geldende tellings gevolg.
Joe Mackays het die naaste aan die pen by die vierde putjie gewen en Carel Swart het die langste dryfhou by die 10de putjie gewen.
Die span van Morné Myburgh, Dawid van der Walt, Wian Marx en Riaan Nel het die eer-ste plek losgespeel met 95 punte.
Anton Lessing, Jacques Scheepers, Gordon Ferns en Christo van der Heever het die tweede plek ingeneem met 90 punte gevolg deur Lyn Marie Combrink, Nola Peceur, Lynette Smith en Desi Earle in die derde plek.
Keith Badenhorst, Riaan Koekemoer, Malabani Pataki en klubkaptein Goitsemang Moseki het die vierde plek verower met 88 punte.
Eugene van der Walt, Jaco Fourie, Kevin Coertzen en Neville Steyn het die troosprys gewen vir die meeste houe geslaan.
Twee unieke bottels wyn is ook opgeveil tydens die prysuitdeling en altesaam R11 000 is ingesamel vir Hieb.







