Strepies vir KANSA
Oktober is Borskanker Bewusmakingsmaand en Great Lenghts South Africa gebruik pienk haarverlengings om bewusmaking te skep en fondse vir die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) in te samel.
POLOKWANE – Oktober is Borskanker Bewusmakingsmaand en Great Lenghts South Africa gebruik pienk haarverlengings om bewusmaking te skep en fondse vir die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) in te samel.
Hierdie organisasie sit pienk haarverlengings in mense se hare en skenk die geld wat hulle maak aan Kansa.
Deur die pienk haarverlengings in jou hare te sit, ondersteun jy borskankerbewusmaking net soos Mej. Suid-Afrika, Roelene Strauss. Dit neem minder as vyf minute om een verlenging in te sit.
Derek Wong, bemarkingsdirekteur van Great Lengths South Africa verduidelik hoekom dit so be-langrik is om Kansa te ondersteun.
“Ons lewens word aange-raak deur mense wat kanker het: kliënte, kollegas, vriende of familie. Dis doel van Kansa is om bewusmaking te verskerp en inligting te deel oor kanker en om navor-sing in die geveg teen kanker te befonds,” sê hy.
Sharon Stander, gemeenskaps-mobiliseerder van Kansa Polo-kwane, sê die haarverlengings is ‘n baie goeie initiatief.
“Ons is dankbaar vir die moeite wat hierdie organisasie doen om geld in te samel vir die stryd teen borskanker.”
In Polokwane kan mense by die Streakz a Head-haarsalon by die Bendor Winkelsentrum in in De Wetrylaan pienk verlengings laat insit teen R100 per verlenging.



