Oppas vir vasknoop

DIE moontlikheid van verdere stygings in rentekoerse later vanjaar en vroeg volgende jaar het talle verbruikers genoop om hul banke te nader om rentekoerse op huislenings en ander skuld vas te knoop.

DIE moontlikheid van verdere stygings in rentekoerse later vanjaar en vroeg volgende jaar het talle verbruikers genoop om hul banke te nader om rentekoerse op huislenings en ander skuld vas te knoop.

Volgens Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, is die beste tyd om koerse vas te stel wanneer rentekoerse daal of konstant bly, nie wanneer dit styg nie.

Teen die tyd wat die Reserwebank koerse begin verhoog, soos in Januarie en weer in Julie, en die banke verdere stygings voorsien, word ‘n groot premie vir die voorreg om ‘n konstante maandelikse betaling te maak, gehef. As jy op die oomblik die primakoers van 9,25% op jou huislening betaal, sal die meeste banke die koers tot minstens 11,25% en waarskynlik meer verhoog as jy versoek dat die koers vir die volgende twee jaar vasgestel word,” sê hy.

“Op ‘n lening van R1 miljoen sal dit elke maand sowat R1 300 by jou maandelikse betaling voeg, wat ‘n hoë prys is om vir ‘gemoedsrus’ dat die bedrag die volgende twee jaar konstant gaan bly, te betaal.”

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat die bykomende bedrag boonop nie die termyn van die lening gaan verkort of jou enige geld op die lang duur gaan spaar nie.

“In ‘n neutedop is dit geld in die water as die primakoers nie skielik tot 11,25% of meer in die volgende paar maande styg nie – wat heel onwaarskynlik is.”

Gevolglik, sê Everitt, sou dit baie meer voordelig wees om die bykomende bedrag in jou huislening in te betaal om die kapitaal so vinnig as moontlik te verlaag, indien jy dit kan bekostig.

“Skulddelgingstabelle toon inderdaad dat as jy die bykomende bedrag net vir ses maande betaal jy die R1m balans van die lening tot sowat R983 000 sal verlaag en dat jy teen dieselfde maandelikse bedrag ‘n 2% styging in rentekoerse sal kan absorbeer.”

“As rentekoerse met minder as 2% styg en jy steeds elke maand dieselfde bedrag betaal, sal jy die termyn van jou lening met ‘n hele paar jaar verkort en waarskynlik ‘n paar honderdduisend rand aan rentebetalings bespaar, sê hy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button