Manne wat Glo se konsert in stad is ‘n treffer
Gospelmusiekaanhangers is verlede Woensdagaand by die A.G.S Taberna Dei Ooskampus in Bekkerstraat vermaak deur die nuwe Christelike sanggroep, Manne wat Glo, wat hul nuwe CD met 'n konsert bekendgestel het.
POLOKWANE – Gospelmusiekaanhangers is verlede Woensdagaand by die A.G.S Taberna Dei Ooskampus in Bekkerstraat vermaak deur die nuwe Christelike sanggroep, Manne wat Glo, wat hul nuwe CD met ‘n konsert bekendgestel het.
Die toegang vir hierdie konsert was gratis en die saal was stampvol gepak soos mense gestroom het om Polokwane se gunsteling gospelsanger, Dewald Gouws, op die verhoog te sien saam met van die grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie.
Die Manne wat Glo bestaan uit Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira.
Die gehoor het saamgesing met die lofprysing- en aanbiddingsliedere en die woorde van die liedjies was geprojekteer op die grootskerm.



