EntertainmentLifestyle

Boerebrêkvis en melkskommels

As jy die Gereformeerde Kerk Pietersburg se boerebrêkvis Saterdag gemis het, het jy 'n groot klomp lekker gemis.

POLOKWANE – As jy die Gereformeerde Kerk Pietersburg se boerebrêkvis Saterdag gemis het, het jy ‘n groot klomp lekker gemis.

Veral die tuisgebakte brode het groot aftrek gekry. Mens kon jou sommer maklik versadig eet aan die verskeidenheid brode en konfyte, maar die pap en wors, eier, spek en lewerhappie met tamatiesmoor het lekker genoeg geruik en gelyk om menige monde te laat water.

Die koektafel het behoorlik gekreun onder die koeke en terte. “Ons vroue kán maar bak,” het Lynette Pretorius gespog.

ZC en Dewald Hattingh het gesorg vir vrolike musiek.

Soos gewoonlik by ‘n basaar het die pannekoektafel groot aftrek gekry en Hendrik Venter moes vroeg al bontstaaan om pannekoeke op te rol.

Die witolifant-tafel, waar die een se weggooi-artikel die ander een se skat is, het goed besigheid gedoen en die tweedehandse boeketafel het vele verrassings teen spotgoedkoop pryse opgelewer.

Melkskommels en wafels by die jeug se stalletjie het gesorg vir ‘n ietsie anders as die gewone om te eet en te drink en basaargangers kon hulle vrieskaste volmaak met vleis en kraakvars groente asook poedings vir die Sondagmaal.

‘n Hondevertoning deur die polisie se hondeskool ‘n bietjie later die oggend het groot belangstelling gelok.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button