EntertainmentLifestyle

Gr. 12-leerders wys mooiste uitrustings

Elke jaar kry die gr.12-leerders van die dorp 'n tweede kans om met hulle pragtige matriekafskeidrokke en -pakke te spog.

LOUIS TRICHARDT – Elke jaar kry die gr.12-leerders van die dorp ‘n tweede kans om met hulle pragtige matriekafskeidrokke en -pakke te spog.

Hierdie spesiale modeparade word jaarliks aangebied deur die CVO-skool Vivo en vanjaar het die leerders verlede Saterdag by die Soutpansberg Gholfklub se saal bymekaargekom vir hierdie geleentheid.

“Ons bied die modeparade aan om die leerders ‘n kans te gee om hulle mooi rokke en pakke vir die publiek te wys. Die fondse wat ons insamel deur hierdie inisiatief word vir die skool aangewend. Enige leerder van Louis Trichardt is welkom om deel te neem,” het organiseerder Estelle Kemp gesê.

Kemp het die leerders geprys vir hulle pragtige uitrustings en elke persoon en instansie wat betrokke was by die aand bedank vir hullle moeite en bystand.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button