Westenburg se mooistes só gekroon
Die Westenburg Footprints Modelskool het Saterdag 'n spesiale skoonheidskompetisie aangebied as vermaaklikheidsgeleentheid vir die gemeenskap.
POLOKWANE – Die Westenburg Footprints Modelskool het Saterdag ‘n spesiale skoonheidskompetisie aangebied as vermaaklikheidsgeleentheid vir die gemeenskap.
Die Mr and Miss Sunflower-kompetisie is by die Westenburg Sekondêre Skool aangebied waar die gehoor die deelnemers luidkeels toegejuig het.
Volgens Renay Lion van die Westenburg Footprints Modelskool, het hulle die kompetisie aangebied om inwoners op ‘n positiewe manier besig te hou.
Wenners:
• Mr Toddler Sunflower, Ashley Chauke.
• Miss Toddler Sunflower. Nkeiruka Willemse.
• Little Mr Sunflower, Marcus Phillipus.
• Little Miss Sunflower, Yushandré Richter.
• Mr Sunflower, Jamal Maupa.
• Miss Sunflower, Rorisang Sethusa.



