Nuwelinge verken Suikerbekkie

POLOKWANE – Die ouers en kleuters wat volgende jaar by Suikerbekkie Kleuterskool aansluit, het die skool se opedag op 6 November bygewoon. Na ‘n hartlike verwelkoming, kort vergadering en bespreking oor die skool se reëls en regulasies het ‘n vra- en antwoordsessie saam met skoolhoof, Annelene Wagner, gevolg. “Ons is bevoorreg om die gr. R-leerders …

POLOKWANE – Die ouers en kleuters wat volgende jaar by Suikerbekkie Kleuterskool aansluit, het die skool se opedag op 6 November bygewoon.

Na ‘n hartlike verwelkoming, kort vergadering en bespreking oor die skool se reëls en regulasies het ‘n vra- en antwoordsessie saam met skoolhoof, Annelene Wagner, gevolg.

“Ons is bevoorreg om die gr. R-leerders meer te kan leer as wat verwag word in die onderwysdepartement se sillabus en ons bied ook musiek-, rekenaars- en bewegingsklasse vir die leerders aan,” het Wagner verduidelik.

Die nuwe ouers het na die vergadering die klasse saam met hul kinders verken en die onderwysers van Suikerbekkie ontmoet.

Mieke van der Merwe speel in die klaskamer tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Mieke van der Merwe speel in die klaskamer tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Vyf-jarige, Werner Smit verken die klaskamer speel-speel tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Vyf-jarige, Werner Smit verken die klaskamer speel-speel tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Günter Stockhusen geniet die speelterrein by Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Günter Stockhusen geniet die speelterrein by Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Gabriel de Jager (3) speel in die sandput tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.
Gabriel de Jager (3) speel in die sandput tydens Suikerbekkie Kleuterskool se opedag op 6 November.

Meer foto’s van die dag

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button