Hou jou huis veilig dié somer

HOEWEL sommige misdaad-syfers gedaal het, toon die jongste statistiek dat die aantal inbrake en rooftogte by huise die afgelope nege jaar met sowat 70% gestyg het.

HOEWEL sommige misdaad-syfers gedaal het, toon die jongste statistiek dat die aantal inbrake en rooftogte by huise die afgelope nege jaar met sowat 70% gestyg het.

Boonop blyk dit dat diewe en rowers die somermaande verkies. Navorsing deur Yale toon dat inbrake in die somer met minstens 10% en diefstal uit tuine en buitemuurse areas met ‘n volle 41% styg.

‘n Paar ekstra voorsorgmaatreëls oor die volgende paar maande is dus nodig om jou gesin en besittings te beskerm, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.

Hy skryf in die jongste uitgawe van die nuusbrief, Property Signposts, dat ‘n paar relatiewe goedkoop tegnologiese oplossings ingespan kan word om jou eiendom te beveilig en terselfdertyd by jou begroting te pas.

Dit sluit in:

• ‘n Betroubare alarmstelsel, aangesien ‘n sirene soms genoeg is om inbrekers te laat spaander. Dit kan ook aan ‘n sekuriteits-maatskappy of buurtwag se reaksiestelsel gekoppel word.

• Sekerheidsligte is ook goeie afskrikmiddels aangesien inbrekers en rowers gewoonlik donker areas verkies. Dit is ook relatief eenvoudig om bykomende buiteligte met bewe-gingsensors op te rig wat kwaaddoeners in die “kollig” gaan plaas en wat ook jou alarmstelsel kan aktiveer.

• Bestaande buiteligte en selfs ligte in jou huis kan met tydskakelaars toegerus word sodat die ligte saans outomaties aanskakel, selfs al is jy nie tuis nie.

Tydskakelaars kan ook aangewend word om ‘n televisiestel of radio aan te skakel om die indruk te skep dat mense tuis is, selfs al het jy nie ‘n “slim” sekuriteitsstelsel wat jy met jou selfoon beheer nie.

• Vir groter eiendomme is infrarooiligte buite die huis ideaal aangesien dit help om indrin-gers se teenwoordigheid te verraai nog voordat hulle naby die huis self kom. Sulke ligte kan ook aan alarmstelsels gekoppel word en sal die stelsel aktiveer wanneer iemand deur die infrarooiligstraal beweeg.

• Geslotebaantegnologie is baie gevorderd en stelsels is beskikbaar vir tuisgebruik. Ge-slotebaantelevisiestelsels kan aan selfone gekoppel word sodat jy jou eiendom kan monitor wanneer jy nie tuis is nie. Jy kan selfs foto’s van inbrekers neem.

Everitt sê huiseienaars behoort ‘n lys op te stel van al die prosedure om alarms te aktiveer sodat hulle dit kan nagaan elke keer wanneer hulle die huis verlaat om seker te maak alles is aangeskakel voordat hulle vertrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button