Munisipale grense skuif dalk voor dié verkiesing
Indien Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering, sy sin kry, sal vyf munisipaliteite in Limpopo voor volgende jaar se munisipale verkiesing ontbind word.
Indien Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering, sy sin kry, sal vyf munisipaliteite in Limpopo voor volgende jaar se munisipale verkiesing ontbind word.
Die munisipaliteite van Mookgophong (Naboomspruit) en Modimolle (Nylstroom) sal dalk ook saamsmelt.
Gordhan het dié voorstelle Donderdag aan die munisipale afbakeningsraad (MAR) gedoen.
Die hoofdoel is om finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteite te verbeter. Indien die afbakeningsraad die voorstelle goedkeur, sal nuwe munisipale grense voor die munisipale verkiesing vasgestel word.
Jane Thupana, voorsitter van die MAR, sê verskeie rolspelers, soos ministers van regeringsdepartemente, asook die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het 21 dae tyd om skriftelik op die voorstelle te reageer.