Voetspore-verteller danksy Volkswagen
Die afgelope naweek het 'n uitgesoekte groep mense 'n naweek van avontuur beleef soos wat lanklaas in Polokwane gesien is.
POLOKWANE – Die afgelope naweek het ‘n uitgesoekte groep mense ‘n naweek van avontuur beleef soos wat lanklaas in Polokwane gesien is.
Vrydagaand het Volkswagen Polokwane Commercial hul kliënte en ander belangstellendes genooi om ‘n praatjie deur die bekende Voetspore-aanbieder, Johan Badenhorst, by Palms Inn by te woon.
Dit was ‘n heerlike kuieraand waartydens Johan gaste vermaak het met staaltjies van hul mees onlangse Voetspore-reis, Voetspore in die groot Skeurvallei.
Hy het oor elke land waar hulle aangedoen het ‘n staaltjie of interessante inligting gehad.
“Ons was 153m onder seevlak aan die einde van ons reis en by tye het die Amarok se temperatuurmeter by 58°C gestop.
“Ek dink nie hy kon hoër gaan nie; en ons het in die winter gegaan,” vertel Johan.
Johan Hattingh, ‘n kunstenaar van Pretoria, het gaste met liedjies vermaak.
Saterdag het ‘n groep spesiale Volkswagen Polokwane Commercial die Dieprivier 4×4 roete in 12 Amarok-voertuie aangepak.





