Relay for Life: Kom stap saam deur die nag
'n Relay bied aan almal in die gemeenskap die geleentheid om deurnag uit te kamp en beurte te maak om te stap ter ere en ter wille van geliefdes.

MOKOPANE – DIE beplanningsvergadering vir Mokopane se Kansa Relay For Life is verlede week gehou en reelings vorder fluks!
Relay For Life is ‘n deurnag-affêre om die lewe te vier van diegene wat die stryd gestry en kanker oorwin het, om die wat die stryd verloor het in liefde te onthou en om aan te hou met veg teen die siekte.
‘n Relay bied aan almal in die gemeenskap die geleentheid om deurnag uit te kamp en beurte te maak om te stap ter ere en ter wille van geliefdes. Vanjaar vind dit plaas op 21/22 Augustus vanaf 18:00 – 06:00 by Hoërskool Piet Potgieter.
Die eerste rondte om die baan word gewoonlik gestap deur kanker-oorwinnaars – dit behels enigiemand wat al ooit die woorde gehoor het jy het kanker! By hierdie geleenheid wil ons ook graag die kankerlyers bederf so skakel asb vir Ansie Potgieter by 084 880 9590 om te sê of jy deel wil wees van hierdie spesiale geleentheid.
Die tweede rondte is vir die kanker versorgers wat kankerlyer versorg het of steeds versorg. ‘n Span kan bestaan uit 10 tot 15 mense teen R100 per persoon. Dan is daar ook die Lumenaria-seremonie.
Elke spanlid sal ‘n spesiale sakkie met ‘n kers ontvang.
Die sakkie moet versier word met ‘n foto van iemand wat tans die stryd teen kanker stry of wat reeds oorlede is aan kanker – ter herdenking aan die persoon.
Tydens die Lumenaria-seremonie word die kerse aangesteek en om die baan gepak. Die sakkies met kerse herinner almal teenwoordig dus dwarsdeur die nag waarom almal moet aanhou veg teen kanker.
Daar sal dwarsdeur die nag stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed beskikbaar wees, asook vermaak vir die kinders en die volwassenes.
Hoewel fondse reeds vooraf ingesamel sal word deur middel van spaninskrywings, kan fondse ook tydens die geleentheid ingesamel word deur middel van verkope, pret-stalletjies en vermaak vir kinders.
Spanne kan gerus vir hulle tente gaan opslaan, maar dit is nie waar dit moet ophou nie.
Elke tent moet die kreatiwiteit en tema van sy inwoners weerspieël. Kry dus 10-15 van jou vriende of kollegas bymekaar en vra hulle om deel te wees van jou Relay for Life-span.
Op die manier word almal beter ingelig oor kanker en word daar terselfdertyd ook geld ingesamel.
Enigeen wat graag ‘n span wil inskryf kan die volgende mense kontak:
Leon Koekemoer by 082 894 3045, Mornè Jooste by 082 461 3738 of Urma Prinsloo by (015) 491 6686.
As jy betrokke wil wees by die vermaak van die aand kontak gerus vir Monica Human by 083 231 7334.
Kom wees deel van die pret en maak ‘n verskil in die stryd teen kanker!



