Anke se lente dieet-wenke
Review gesels met Anke van Waveren, 'n dieetkundige, oor hoe om van die wintervetjies ontslae te raak met 'n gesonde eetwyse en leefstyl.

POLOKWANE – Review gesels met Anke van Waveren, ‘n dieetkundige, oor hoe om van die wintervetjies ontslae te raak met ‘n gesonde eetwyse en leefstyl.
“Vars vrugte, groente en slaaie is gewilde keuses in die lente met die warmer weer, en vir sakpas inkopies hou by vrugte of groente wat binne seisoen is omdat dit goedkoper en meer beskikbaar is,” sê Anke.
Lentevrugte en -groente is onder andere appelkose, veselperskes, litchi’s, pynappels, rhubarb, aarbeie, spinasie, verskeie soorte blaarslaai en aspersies.”
Anke vertel vrugte en groente kan gebruik word vir al die disse wanneer jy vriende of familie wil onthaal, soos ‘n korslose groentetert vir voorgereg, heerlike hoender- of biltongslaai as hoofgereg, en vrugte pavlova of engelkoek vir nagereg.
“Nie net sal almal heerlik smul aan die groente, slaaie, en vrugte nie, hierdie etes sal inpas by jou voorneme om die wintervetjies af te skud aangesien vrugte en groente min energie bevat, maar propvol vitamienes, minerale en vesel is.”
Of jy nou wil gewig verloor na die winter of weer wil gesonder wees na al die verkoues, sê sy, is dit belangrik om voedselkeuses uit al die voedselgroepe by jou dieet in te sluit. Dit sluit in volgraan stysels, vrugte, groente, lae vet suiwelprodukte, gesonde vette, asook laer vet proteïen keuses. “Daar is geen een enkele wondervrug of -groente wat mens gesonder maak nie, maar liewers ‘n gesonde gebalanseerde dieet en leefstyl wat die gewenste resultate lewer.”
Anke stel die volgende gesonde kosidees voor vir die lente:
• Vrugte kaaskoek gemaak met laevet maaskaas vir nagereg.
• Engelkoek (Angel food cake) in plaas van gewone koek vir spesiale geleenthede, dit bevat minder vet.
• Pavlova met vars vrugte is ‘n laevet nagereg keuse.
• Eet ten minste twee vars vrugte daagliks (bind jou gesnyde appelskyfies met ‘n rekkie vas sodat die skil na buite wys om verbruining te voorkom of besprinkel avokadopeer met suurlemoensap).
• Lae vet jogurt of melk is propvol proteïene, lae GI koolhidrate, asook minerale soos kalsium.
• Gebruik ‘n klein seil koelboksie met ‘n ysblok in om jogurt en vrugte vars te hou by die werk




