EntertainmentLifestyle

Konsepmodel gee blik op toekoms

Toyota se wêreldonthulling van ’n tweede C-HR-konsepmodel beklemtoon sy verbintenis om ’n splinternuwe, stylvolle, ligte en dinamiese sportnutsvoertuig (SNV) in die segment onder sy gewilde RAV4-model bekend te stel.

Toyota se wêreldonthulling van ’n tweede C-HR-konsepmodel beklemtoon sy verbintenis om ’n splinternuwe, stylvolle, ligte en dinamiese sportnutsvoertuig (SNV) in die segment onder sy gewilde RAV4-model bekend te stel.
Die jongste C-HR-ontwikkelingsontwerp, wat onlangs by die Frankfurt Motorskou onthul is, pronk met ’n sterk ontwerp wat ’n parmantige en sportiewe voorkoms uitstraal terwyl ’n nuwe platform-uitleg op ’n lewendige en innemende ry-ervaring dui.
Die nuwe vyfdeur-motor bou voort op die sukses van Toyota se eerste C-HR-konsepmodel wat 12 maande gelede entoesiasties ontvang is toe dit sy buiging op die Parys Motorskou gemaak het.
Die nuwe konsepmodel lyk meer na die produksiemodel wat vroeg aanstaande jaar by die Geneefse Motorskou onthul sal word. Sy meer verfynde voorkoms is ontwerp om die reaksie van ’n spesifieke teikengroep te toets sodat hul terugvoer die projek se ontwerpers en ingenieurs kan steun.
Dit is die volgende weergawe van die belofte wat Toyota se algehele president, Akio Toyoda, gemaak het om altyd beter motors te bou wat motorry weer genotvol sal maak.
Die CH-R se uitdagende voorkoms, kompakte afmetings en algehele dinamiese houding sal ongetwyfeld in die smaak van die immer groeiende klein-sportnusmotormark val, wat beteken die model word gunstiglik vir plaaslike bekendstelling oorweeg.
Die vernuwende tweede C-HR-konsepweergawe is op ’n nuwe platform ontwerp, wat ingevolge die TNGA (Toyota se nuwe wêreldwye uitleg) ontwerp is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button