Van den Bergh-saak uitgestel tot 4 Desember
Die verdagte wat verlede jaar Junie in hegtenis geneem is nadat André van den Bergh die slagoffer van 'n tref-en-trapongeluk was, het Dinsdagoggend in die Mokopane Landdroshof verskyn vir strafbare manslag

DIE verdagte wat verlede jaar Junie in hegtenis geneem is nadat André van den Bergh (29) die slagoffer van ‘n tref-en-trapongeluk was, het Dinsdagoggend in die Mokopane Landdroshof verskyn vir strafbare manslag.
Magistraat Joseph Ngoasheng het die saak uitgestel tot 4 Desember vir verdere ondersoek.
Bosveld het verlede jaar berig, “‘n Beweerde bakleiery laataand by ‘n kuierplek het daartoe gelei dat Van den Bergh in ‘n tref-en-trapongeluk voor sy huis in Geyserstraat dood is. Van den Bergh is dood nadat ‘n wit dubbelkajuitbakkie hom omgery het terwyl hy oor die pad geloop het.”
Die verdagte is in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla.
Hy is na sy eerste hofverskyning in 2014 op ‘n R1 000 borgtog vrygelaat.




