Tafelronde wys nuwe komitee aan tydens glansaand

Die Tafelronde Kameeldoring '92 het Vrydagaand hulle swierige induksie ete by die Protea Hotel Ranch Resort gehou waar die lede vir hulle werk vereer is en die nuwe komitee vir 2016 aangewys is.

MOKOPANE – Die Tafelronde Kameeldoring ’92 het Vrydagaand hulle swierige induksie ete by die Protea Hotel Ranch Resort gehou waar die lede vir hulle werk vereer is en die nuwe komitee vir 2016 aangewys is.

Daantjie Taljaard het die toekenning vir die beste profiel ontvang en Kobus Klopper is as Tafellaar van die Jaar gekroon.

Klopper neem die leisels as voorsitter by Frans Blignaut oor en sê hy sien uit na die jaar en veral om saam met die lede groot uitdagings aan te pak.

Die komitee sien as volg daar uit: Daantjie Taljaard (vise-voorsitter), Ockie Groenewald (sekretaris), Basie van den Berg (klubhuissameroeper), Loftie Beyneveldt (tesourier) en Nicolaas le Roux (addisionele lid).

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button