Prof Coetzer vertel van sy loopbaankeuse

Die stad is die afgelope naweek deur Prof. Wentzel Coetzer besoek

POLOKWANE – Review het ‘n paar minute geneem om meer van hom te hore te kom.

Coetzer, wie teologie studier het, ontvang ‘n meestersgraad in Grieks in 1978 en sy eerste doktorsgraad in teologie (Nuwe Testament) in 1984.  Die tema van sy proefskrif is “Die wandel na die Gees in die Brief aan die Galasiërs”.

Hy ontvang ʼn tweede doktorsgraad, die keer in praktiese teologie, in 1995. Die tema van hierdie proefskrif was: “Heling in Christus. Die pastorale roeping van die kerk aan mense na krisiservarings”.

Vanaf 1977 tot 1984 is hy dosent aan Unisa in die Nuwe Testament waarna hy die akademie verruil vir die bediening in die N.G. Gemeente, Pretoria, Garsfontein vanaf 1985 tot 2002. In dié tyd was hy deeltydse dosent in traumaberading by Vista Universiteit.

“Die passie vir berading het my beetgepak tydens my senior pos as dosent. Na 20 jaar in die bediening het ek myself begin inwerk in die nuwe veld van pastorale bediening.”

Coetzer het ‘n deeltydse dosent in traumaberading by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan die Universiteit van Pretoria geword van 2002 tot 2007.

In Oktober 2003 word hy aangestel as Buitengewone Professor in die Fakulteit Teologie by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus). Hier fokus hy op studieleiding aan meesters- en doktorale studente wat spesialiseer in traumaberading.

Hy hanteer ook twee dae per week ʼn pastorale spreekkamer en bied, op uitnodiging, kursusse aan wat verband hou met verskillende aspekte van berading. Deur die jare het hy besef hy moet sy eie kursusse ontwikkel en het toe ‘n jaar kursus ontwikkel wat deur Unisa geakkrediteer word. Na navrae van sowat 100 studente het hy ook ‘n tweede kursus ontwikkel wat ook in Namibië aangebied word.

“Sowat 20 jaar gelede het ons in die Ooste van Pretoria gewoon en daar het die okulte en satanisme oor ons pad gekom. Dit, saam met ander moeilike gevalle het my half gedwing om berader te word, en dit is ook my passie.”

Hy het reeds 40 bundels geskryf waaronder Eetversteurings Rou, depressie, angs, woede en lewensvreugde, Die uitdeel van seen, Genesing van emosionele seer en pyn – volumes een en twee, Stres en uitbranding, Toksiese godsdiens, Pastorale begeleiding van getraumatiseerde kinders, Pa-wonde en Pa-honger.

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button