Potjies prut pryse los
Met die heerlike geure van pruttende vleis en groente in die lug het die beoordelaars verlede Saterdag by The Crossing inkopiesentrum 'n moeilike taak gehad om die wenners aan te wys.
MOKOPANE – Daar is kort na twaalfuur die middag gekyk na hoe die kos voorgesit is, geproe en toe geoe en geaa oor al die heerlike smake. Die geure wat in die lug gehang het, het ‘n menigde inkopiegangers in die parkeerterrein nader laat staan.
Die Rotarieërs het die potjiekoskompetisie saam met The Crossing gehou en daar is van vroegdag heerlik gekuier en gekook. Na die beoordeling en aanwys van die wenners, kon die spanne hulle kos verkoop en ook self agteroor sit en daaraan smul.
Hierby foto’s van die wenners.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






